Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 12 AUGUSTUS 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met die nuus van ʼn stille sleutel:

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Arno 'Duppie' du Plessis, ZS6BDD na ʼn lang siekbed stil geword het op Sondag 5 Augustus. Duppie was ʼn baie aktiewe en entoesiastiese radio amateur en was altyd bereid om te hulp en van sy tyd, geld en produk te gee aan ander wat deel geneem het in amateur radio.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy dogter Linda en seuns Johan, Tobie en Stefan, kleinkinders, familie en vriende.

POUSE:

In die nuus vandag:

YOTA 2018 BEGIN OP ‘N HOE NOOT

SARL HF DIGITALE KOMPETISIE VOLGENDE SONDAG

en

DIE INTERNASIONALE VUURTORING/LIGSKIP NAWEEK VOLGENDE SATERDAG EN SONDAG

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

YOTA 2018 BEGIN OP ‘N HOE NOOT

YOTA 2018 wat deur die SARL aangebied word, het met 'n goeie begin af geskop. Jong radio amateurs uit 23 lande het die hele Woensdag tot laat in die nag aan gekom, maar was gretig om Donderdag oggend aan die gang te kom. Anton Janovsky, ZR6AIC het 'n praatjie aangebied in Sagteware Gedefinieerde Radio. Die afgevaardigdes het elkeen 'n BHF/UHF dongle ontvang, geskenk deur die Suid-Afrikaanse Amateurradioontwikkelingstrust en die gepaardgaande kabels geborg deur individuele donateurs en AMSATSA. Anton het die werking van SDR verduidelik en nadat die jongmense die sagteware van die AMSAT SA-webwerf afgelaai het, is kort daarna seine ontvang. Na die tee breek, was dit tyd om die antenna te bou met Guy Eales, ZS6GUY. Hulle het elk 'n twee meter en 70 cm gekruiste Yagi gebou vir gebruik met BACAR 6. Na middagete het die groep in spanne verdeel om 5 BACARSats te bou.

Nico van Rensburg, ZS6QL, SARL President en Koos Fick, ZR6KF, SARL Jeug koördineerder bedank al die borge, beide korporatiewe en individuele persone, vir hul vrygewige ondersteuning wat die SARL in staat gestel het om hierdie geleentheid vir die eerste keer op die Afrika-kontinent aan te bied.

Besoek www.sarl.org.za en www.zs9yota.co.za om die aktiwiteit te volg. 'n Meer volledige verslag sal in volgende week se SARL Nuus verskyn. Skakel in op Amateur Radio Today later vanoggend vir onderhoude met 'n paar van die jong radio amateurs. Kyk ook uit vir die spesiale geleentheids stasie ZS9YOTA. Jy sal 'n lys van voorkeur frekwensies op die SARL webwerf vind.

SARL HF DIGITALE KOMPETISIE VOLGENDE SONDAG

Die tweede van die SARL HF-kompetisie, die HF Digitale kompetisie, is op Sondag 19 Augustus 2018 tussen 14:00 en 17:00 UTC op die lug met digitale aktiwiteit tussen 14 070 en 14 099 kHz met FT8 op 14 074 kHz; 7 040 en 7 060 kHz met FT8 op 7 074 kHz en 3 580 en 3 600 kHz met FT8 op 3 573 kHz. Die uitruiling is 'n RSQ-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001. Jy tel twee (2) punte per QSO met 'n stasie in Area 1 tot 8 en een (1) punt per QSO met 'n stasie in Area 9 - die doel van die kompetisie is vir deelnemers om soveel amateurs in Suider-Afrika as moontlik op die 20, 40 en 80 m amateur bande te kontak.

Jy tel twee punte vir elke area wat op elke band gewerk word, daar is slegs 9 gebiede en jy tel twee (2) punte vir elke stasie wat op al drie bande gewerk is. Stuur jou log in ADIF (met 'n opsomming blad), Cabrillo (met 'n opsomming blad) of MS Excel-formaat (die opsomming blad is deel van die Excel-sig blad) en gemerk "my roepsein HF Digitaal" teen Maandag 27 Augustus 2018 deur e -pos na zs4bfn@mweb.co.za. Verwys na GR 3.6 en 5.1 tot 5.6 vir besonderhede oor logstate en opsommingsblaaie.

Jy staan 'n kans om die ZS4BS Digitale Trofee te wen, wat toegeken word aan die amateur wat die hoogste telling behaal het tydens die jaarlikse Suid-Afrikaanse Radioliga HF Digitale kompetisie en/of die Suid-Afrikaanse Radioliga Trofee, toegeken aan die amateur wat die hoogste telling behaal op enige een band, tydens die jaarlikse Suid-Afrikaanse Radioliga HF Digitale Kompetisie.

SARL HF FOON KOMPETISIE

Tot dusver het die kompetisie komitee slegs agtien (18) logstate en een kontrole logstaat ontvang vir die HF Foon kompetisie! Dien asseblief jou logstaat in teen middernag op Maandag 13 Augustus 2018 by zs4bfn@mweb.co.za. Onthou om jou logstaat korrek te benaam en die opsommingsblad in te sluit om sodoende strafpunte te vermy. Noem jou Klub op die opsommingsblad vir die Klubdeelname-trofee. Geen logstaat is al ontvang van 'n onder 25 amateur nie. Die MS Excel logstaat en 'n afsonderlike opsommingsblad vir ADIF en Cabrillo logstate is beskikbaar op www.sarl.org.za/public/contests/contestrules.asp. Die uitslae sal in HF Happenings 808 gepubliseer word.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radioliga

DIE INTERNASIONALE VUURTORING/LIGSKIP NAWEEK VOLGENDE SATERDAG EN SONDAG

Die ILLW vind plaas oor die naweek van 18 en 19 Augustus en dit is nie 'n kompetisie nie. Volgens die inskrywingslys op https://illw.net/index.php, het Namibië twee vuurtorings geregistreer en Suid-Afrika het dertien vuurtorings wat vir die geleentheid geregistreer is.

Die Overberg-ARK sal by Danger Point as ZS1OAR/L wees en die operateurs is Andre, ZS1AZ, Okko, ZS1OKO en Dave, ZS1TBV. Ons hoop om julle almal te kontak.

Daar is nog tyd om 'n vuurtoring te registreer en deel te neem aan hierdie geleentheid - Oos-Londen, Mosselbaai, Richardsbaai, Umhlanga, Doringbaai!

SARL JD NAELLOOP

Tot dusver is ses (6) logstate ontvang. Dien jou logstaat in teen Vrydag 17 Augustus by zs4bfn@mweb.co.za

DIE BIRDS-2 CUBESATS IS OP 10 AUGUSTUS VANAF DIE IRS ONTPLOOI

Die trio - BHUTAN-1, MAYA-1 en UiTMSat-1 - sal 30 minute na die ontplooiing begin met uitsendings. Die aanvanklike modus sal gelykgolf op 70 sentimeter wees met elke satelliet wat dieselfde frekwensie van 437,375 MHz gebruik. Die normale volgorder is BHUTAN-1 (JG6YKL), MAYA-1 (JG6YKM) en UiTMSat-1 (JG6YKN). Elke CubeSat het ook 'n APRS digiherhaler op 145,825 MHz. Omdat die CubeSats gelyktydig vrygestel word, is dit moontlik dat die baken seine van drie CubeSats met mekaar sal inmeng, aangesien hulle amper gelyktydig aanskakel word, wat die ontvangs moeilik maak. Na aanskakeling sal een van die eerste dinge wat dit doen, is die uitsend van die baken sein, maar die CubeSats word geprogrammeer sodat elkeen 'n sekere tyd sal wag voordat die bakens sein gestuur word. Die eerste satelliet wat vrygestel word, sal die eerste wees wat uitsaai, maar dit sal lank genoeg stil bly sodat die ander satelliete ook hulle bakens kan uitsaai.

NUWE KLUB KOMITEES

Op die AJV van die Zoeloeland Amateurradioklub, gehou op 29 Julie 2017 in Eshowe, is die volgende komiteelede herkies om die lede van die klub vir die komende jaar te dien

Voorsitter: Warren Snyders, ZS5WOZ
Ondervoorsitter: Gerald Scrooby, ZS5GS
Tesourier: Willie Axford, ZS5WI
Sekretaris: Dawn Snyders, ZS5ME
Nuusredakteur: Jo Snyders, ZS5PO

Die algemene jaarvergadering van Sandton is op 4 Augustus by die NARS gehou en is goed ondersteun. 'n Nuwe komitee is soos volg gekies:

Voorsitter: Noel Hammond, ZR6DX
Sekretaris: Colin Alston, ZS6CLK
Tesourier: Henry Stephan, ZS6MC
Komiteelede: Graham Busse, ZS6GL, Ronald Verweerdt, ZS6RVC, Justin Porteous, ZS6JGP, Marius Snyman, ZR6MS, Grant Dixon, ZR6WTF en Johan Latsky, ZS6KY.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Dit is al die geval vir 41 van die laaste 44 dae. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag – die Internasionale Jeug Dag
13 Augustus – die sluitingsdatum vir HF Foon logstate
17 Augustus – die sluitingsdatum vir JD Naelloop logstate
18 en 19 Augustus – die Internasionale Vuurtoring/Ligskip Naweek
19 Augustus – die SARL HF Digitale kompetisie
23 Augustus – die sluitingsdatum vir September Radio ZS artikels
25 Augustus – die PARK Snuffelmark
26 Augustus – die SARL HF Gelykgolf kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die tweede van die SARL HF-kompetisies, die HF Digitale Kompetisie, is op Sondag 19 Augustus 2018 tussen 14:00 en 17:00 UTC op die lug met digitale aktiwiteit op 20, 40 en 80 meter. Logboeke moet ingedien word teen 27 Augustus by zs4bfn@mweb.co.za

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003